© 2024 Rotary in Nederland.
Alle rechten voorbehouden.

Rotariërprojek kry gestalte

1 maart 2017:

Foto overhandiging van symbolische cheque.

Mac HD SSD:Users:groenvorm:Desktop:Foto overhandigen cheque 20170203.png

Inmiddels is de eerste fase van het nieuwe onderkomen van de Crèche gerealiseerd. Mooie behuizing dat met inzet van vele sponsors tot een werkelijkheid is geworden.

Ons sal’n kombinasi Ys(koel) vrieskas nodig he voor het koelen van de maaltijden, zo vernamen wij van het management.

Het huidige probleem blijkt dat er geen elektrische netspanning bij de crèche aanwezig is.     

 

Ons wil zo graag n’verskil in hierde kinders se lewens maak en probeer help dat hulle minstens een gesonde vars bord kos per dag kry.

 

Spontaan bood onze mede sponsor  de St. Christelijke kinderopvang SHEZAF een op propaangas aangesloten vrieskas aan.

Een groepje uit Alphen aan den Rijn die een rond reis maakte door Zuid-Afrika overhandigde de check. Op het moment van het bezoek was het juist 40 graden een was koel/vriescombinatie zeker wenselijk.

 

 Mac HD SSD:Users:groenvorm:Desktop:Postertje Chreche Pieremie-Volmoed Oudtshoorn in Zuid Afrika..jpg

Een collage van foto’s die een indruk geven van de 1e fase van de crèche die sinds begin november 2016 in gebruik is genomen.

Rotariërprojek kry gestalte

Posted in Nuus By Editor On March 11, 2016

DIE kleuterskoolprojek van die Oudtshoorn Rotariërs het verlede Donderdag gestalte begin kry toe Van der Berg Vervoer ’n stuk grond in Volmoed, suidwes van Oudtshoorn, gelyk geskraap het waar die nuwe kleuterskool gebou gaan word.
Bouwerk sal na verwagting volgende week begin.
Die Pierewiet Kleuterskool in Volmoed gaan by voltooiing na die nuwe, beter toegeruste kleuterskool verhuis en aanvanklik in samewerking met die Rotariërs bedryf en gevestig word.
Die Oudtshoorn Rotariërs het in 2014 onder presidentskap van Leon Coetzee besluit om hul fokus te plaas op voorskoolse kinderontwikkeling.
Ná ’n behoeftebepaling is besluit op die ontwikkeling van die Pierewiet Crèche.
’n Stuk grond is deur Thys du Toit, ’n boer van Volmoed, bewilllig. Die grond word tans oorgedra op die naam van die Agri Boerevereniging.
Danie van der Berg, mede-eienaar van Volmoed Quarries, ’n onderneming wat baie werksgeleent-hede in die Volmoed-omgewing skep, het ingewillig om die grond gelyk te skraap en om bou­- materiaal te skenk.
Die Rotariërs is ook in die proses om skeeps-vraghouers (containers) aan te koop wat ingerig sal word as onder meer klaskamers.
Ander betrokkenes by die projek, is:
• Johan Fourie, raadslid vir Volmoed wat help met koördinasie en identifisering van rolspelers;
• Johan Smit Argitekte, wat die planne vir die skool optrek en ook toesig gaan hou oor bouwerk;
• Eden Distriksmunisipaliteit wat ’n skenking gaan doen;
• Volmoed Boerevereniging;
• Die Rotariërklubs van Claremont in Kaapstad en Alphen aan den Rijn in Nederland wat finansiële bydraes gelewer het;
• Alphen aan den Rijn se stadsraad, wat ook ’n skenking gedoen het.

RotaryVolmoed

’n Gevoel van opgewondenheid het verlede Donderdag geheers in Volmoed waar begin is met terreinwerke vir die oprigting van ’n nuwe kleuterskool vir Volmoed. Naasregs agter is Dalia Wilck, president van die Oudtshoorn Rotariërs. Regs agter is Danie van der Berg van Van der Berg Vervoer wat die grond, waar die kleuterskool gebou gaan word, gelyk geskraap het. Links van Wilck is Johan Smit, Johan Fourie en Thys du Toit en Elbie Slabbert, prinsipaal van Pierewiet Crèche. By hulle is kinders en ouers van die omgewing.